Brandmerk-registrasie sluit Vrydag

Die Vleisraad van Namibië en die Direktoraat Veeartsenydienste se veldtog om die Namibiese vee-identifikasie en naspeurbaarheid-stelsel op te dateer wat op 31 Oktober sou verstryk, is verleng tot Vrydag, 1 Desember. Dit kom nadat soveel veeboere by die raad en Veeartsenydienste se kantore opgedaag het dat dit haas onmoontlik sou wees om almal se data betyds by te werk. Alle brandmerke wat nie bevestig is nie sal gederegistreer word en produsente word daaraan herinner om aan te meld indien hulle nog nie het nie.