Twee grensposte tussen Namibië en Angola heropen op 1 Februarie

‘n Bilaterale vergadering tussen Namibiese en Angolese immigrasieministers en staatsbeamptes om die heropening van grense tussen die twee lande te bespreek, het tot ‘n ooreenkoms gelei. Die grensposte van Katwitwi en Santa Clara by Oshikango sal op 1 Februarie heropen en ander grensposte op 15 Februarie. Om na Angola te reis sal ‘n negatiewe PCR-Covid-toets, asook ‘n ten volle inentingsertifikaat getoon moet word. Die diegene wat slegs een Covid-entstofdosis ontvang het, sal op eie koste vir sewe dae onderhewig aan kwarantyn moet wees.