Kaapse provinsies en wêreld voel die hitte

Met die Wes- en Noord-Kaap wat amper vergaan van die hitte van tot ver bo 40 grade, het die Internasionale Meteorologiese Organisasie bevestig verlede jaar was wêreldwyd die sede warmste jaar wat, saam met 2018, aangeteken is. Dit was die jaar wat oesters aan die kus van Kanada in hul eie skulpe gaargekook het in temperature van 50 grade Celsius. Die Verenigde Nasies-agentskap sê 2021 staan sewende in die ry met die gemiddelde wêreldtemperatuur van bo een graad Celsius. Wetenskaplikes beskou dit as nog ‘n bewys dat klimaatsverandering vastrapplek gekry het.