Twee gevalle van Omikron-subvariant in Namibië bevestig

Dit is bevestig dat Namibië al twee gevalle van die nuwe Omikron-subvariant XBB.1.5 met die bynaam Kraken aangeteken het. Die eerste geval is ook al in Suid-Afrika aangemeld nadat dit vroeër in minstens 28 ander lande bevestig is. Dit is ‘n hoogs oordraagbare subvariant, maar die Namibiese pulmonoloog dr. Willie Bruwer sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is geen rede tot paniek nie.