Twee Fishrot-beskuldigdes loop weer bloutjie in die hof

Twee Fishrot-beskuldigdes, Ricardo Gustavo en Bernard Esau, die voormalige minister van visserye het vandag weer ‘n bloutjie in die hof geloop. Hul aansoek om verlof tot appèl teen Regter Kobus Miller se besluit om nie homself van die Fishrot-saak te onttrek nie, is vanoggend in die hoërhof in Windhoek van die hand gewys. Die Fishrot-lot word daarvan aangekla dat hulle sowat 317 miljoen Namibiese dollar wanbestee, of daaruit voordeel getrek het weens verdagte vishandeltransaksies met die Yslandse visvangreus, Samherji.