Max Verstappen sien uit na Hongaarse F1 Grand Prix

Motorsport: Die wêreldkampioen Max Verstappen verwag ‘n groot uitdaging by die naweek se Hongaarse Formule Een Grand Prix, waar Red Bull laas in 2014 kon wen. Ondanks ‘n voorsprong van 63 punte oor Charles Leclerc van Ferrari, is die 24-jarige Nederlandse jaer bewus van sy span se rekord op die Hungaroring-baan.