Twee Covid-tuissterftes op Gobabis en Rundu

Die Namibiese gesondheidsministerie het twee Covid-tuissterftes op Gobabis en Rundu aangemeld, asook 25 nuwe gevalle van 1 649 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 1,5 persent verteenwoordig. In die groep is sewe leerders van verskillende skole. Daar is nou 903 aktiewe gevalle, waarvan 52 in hospitale is en vyf in intensiewesorgeenhede. Altesaam 225 290 mense is ten volle ingeënt. Die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula, gee die jongste statistieke.