Twee broers vas in Swede vir Russiese spioenasie

Twee broers is in Swede aangekla van spioenasie met verswarende omstandighede, op aanklagte dat hulle meer as ‘n dekade lank vir Rusland en sy militêre intelligensiediens spioenasiewerk gedoen het. Die twee wat in Iran gebore is, Peyman en Payam Kia, word daarvan beskuldig dat hulle tussen 2011 en 2021 inligting verskaf het aan Russiese intelligensie-agentskappe. Nuusagentskappe haal Swede se veiligheidsagentskap aan wat sê hulle het agterdogtig geraak oor een van die broers wat in 2017 vir hulle gewerk het. Hulle kan lewenslank tronk toe gaan as hulle skuldig bevind word.