Ramaphosa sê ANC-kongres is betekenisvol

Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê volgende maand se nasionale verkiesingskonferensie sal ‘n betekenisvolle oomblik wees vir die regerende party en die land. Ramaphosa sê die verkiesingskonferensie sal wys hoe die ANC se interne demokratiese prosesse werk en die partylede se toewyding aan hernuwing, eenheid en heropbou bevestig:  

Intussen sê Ramaphosa die nasionale uitvoerende komitee het die ANC en regering se beleide herbevestig dat ontwikkelde lande hulle voornemens moet nakom om hulle eie koolstofvrystellings te verminder, en dat hulle moet betaal vir die bekamping en aanpassing in ontwikkelende ekonomieë.