Twee belangrike uitsprake vandag in hoërhof verwag

Daar is twee belangrike uitsprake wat vanoggend in die hoërhof verwag word. Daar word verwag dat regter Moses Chinhengo om half-twaalf sy beslissing sal gee oor of Fishrotter Nigel van Wyk verlof tot appèl toegestaan sal word of nie. Van Wyk wil appelleer teen Chinhengo se weiering om te onttrek as regter op die Fishrot-saak. Intussen sal regter Hannelie Prinsloo ook uitspraak lewer oor die tydelike interdik wat sy teen Michael Amushelelo ingestel het ten gunste van Namib Mills. Die uitspraak vandag sal of die interdik permanent maak of ter syde stel. Amushelelo het laat in Maart amok by die maatskappy gemaak en Mills vra onder andere, dat hy verhoed word om enige van hulle persele te betree.