Twee Beitbrug-beamptes vas oor korrupsie

Die Valke in Limpopo het twee sekerheidsbeamptes by die Beitbrug-grenspos in hegtenis geneem op bewerings van korrupsie, diefstal van ‘n motorvoertuig, oortreding van die Wet op Doeane en Aksyns, en regsverydeling. Hulle sou vandag in Musina se landdroshof verskyn. ‘n Woordvoerder van die Valke, Matimba Maluleke, sê ‘n vragmotorbestuurder wat voorheen gearresteer is en met die saak verbind word, Kholisani Nkomo, is deur dieselfde hof op borgtog vrygelaat. Maluleke sê Nkomo het die beamptes na bewering omgekoop om sy vragmotor wat geskut is, terug te kry. Die Valke het die voertuig se verdwyning uit die skut ondersoek.