Twee aardbewings tref Nieu-Seeland
Nieu-Seeland is vandag getref deur ‘n aardbewing met ‘n sterkte van 6,3 op die Richterskaal. Volgens berigte het nog ‘n skudding, met ‘n sterkte van 4,0, die land 20 minute later ook getref. Daar word gesê die skuddings het huise geraak en meer as 70 000 mense op beide die Noord- en die Suid-eiland het dit gevoel. GeoNet sê die aardbewings was gesentreer rondom die hoofstad Wellington op die Noord-eiland, sowat 50 kilometer noordwes van Paraparaumu. Geen ongevalle is tot dusver aangemeld nie.