Twee aanvallers in Jerusalem doodgeskiet

Die Israeliese polisie sê die twee aanvallers in die dodelike skietery vanoggend by ʼn bushalte in Jerusalem, is afkomstig van ʼn buurt aan die oostekant van die stad. Drie mense is dood en talle beseer voordat soldate wat van diens was en ʼn burgerlike, die broers doodgeskiet het. Hulle word beskryf as lede van Hamas wat voorheen tronkstraf uitgedien het vir terreurbedrywighede. Hulle is uitgeken as Murad en Ibrahim Namr. Volgens The Times of Israel is sekerheidsmaatreëls na die voorval verskerp, met inbegrip van patrollies en padblokkades.