Woodward steun Farrel se sabbatsverlof

Rugby: Die voormalige afrigter van Engeland, Clive Woodward, hoop meer spelers sal dit oorweeg om sabbatsverlof te neem. Hy loof die besluit van die Engelse kaptein, Owen Farrell, om vir ʼn paar maande nie toetsrugby te speel nie en hom liefs toe te spits op sy eie geesteswelstand asook dié van sy gesin. Dit beteken hy gaan volgende jaar se Sesnasies-kompetisie misloop. Woodward sê die kritiek op Farrell tydens Engeland se mislukte Wêreldbeker-veldtog was onbillik, en vra rugby-unies moet spelers beter ondersteun. Farrell sal steeds klubrugby vir Saracens speel.