Twee 17-jarige seuns aangekla van dood van 14 kangaroes

Twee 17-jarige seuns sal volgende maand in ‘n Australiese hof verskyn nadat hulle aangekla is van die dood van 14 kangaroes op twee verskillende paaie in Batemansbaai suid van Sydney. Volgens die polisie in Nieu-Suid-Wallis is die kangaroe-troppe dood nadat hulle deur ‘n voertuig getref is. Die motief vir die voorvalle is nie bekend nie en die tieners word aangekla dat hulle die diere roekeloos aangeval en doodgemaak het. Slegs een kangaroe het oorleef en word by ‘n reddingsdiens vir wilde diere versorg.