Twaalf SA taxi-operateurs verskyn in hof oor moord

Twaalf Suid-Afrikaanse taxi-operateurs wat van moord beskuldig word, het in die Klerksdorp streekhof in Noordwes verskyn op twee aanklagte van moord en vier van poging tot moord. ‘n Woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, Henry Mamothame, sê die beskuldigdes wat glo taxi-operateurs in Boitumelo naby Bloemhof is, het na bewering in September 2018 ses van die slagoffers na die Boitumelo-taxistaanplek geneem en met grawe, pangas, sambokke, stokke en ander voorwerpe aangerand.