Twaalf Covid-sterftes agt distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 12 Covid-sterftes in agt distrikte aangekondig, asook 186 nuwe gevalle uit 1 045 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 18 persent verteenwoordig. In die groep is 30 leerders en drie onderwysers. Daar is nou 2 870 aktiewe gevalle, waarvan 235 in hospitale en 43 in intensiewesorgeenhede is. Altesaam 190 306 mense het hul eerste dosis Covid-enstof ontvang en 83 629 hul tweede inenting.