Statistieke Suid-Afrika: Jaarlikse verbruikersinflasie daal vir tweede maand

Statistieke Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersprysinflasie het vir ‘n tweede agtereenvolgende maand gedaal en was in Julie laer op 4,6 persent vanaf 4,9 persent in Junie en 5,2 persent in Mei. Die belangrikste bydraers was voedsel, veral vleis, en nie-alkoholiese drank, behuising en nutsdienste, vervoer en allerlei goedere en dienste. Die hoofdirekteur vir prysstatistieke by SSA, Patrick Kelly, sê pryse van voedsel en nie-alkoholiese drank het jaar-op-jaar met 6,7 persent gestyg.