Twaalf Covid-sterfgevalle in ses distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het 12 Covid-sterfgevalle in ses distrikte aangemeld, asook 480 nuwe gevalle uit 2 283 toetsuitslae aangemeld wat ‘n positiewe koers van 21 persent verteenwoordig. In die groep is 35 leerders, 17 gesondheidswerkers, vier onderwysers en drie studente. Daar is nou 14 755 aktiewe gevalle, waarvan 333 pasiënte in hospitale is en 26 in hoësorgeenhede. Altesaam 345 281 persone, slegs 23 persent van die geteikende bevolking, is ten volle ingeënt.