TV-reeks in SA se parke geskied

Suid-Afrikaanse Nasionale Parke het aangekondig hy gaan volgende maand ‘n werklikheids-televisie-reeks van 13-weke van stapel stuur. ‘n Woordvoerder, Rey Thakhuli, sê die reeks, Away for Repair, sal die aangrypende verhale van gewone mense vertel wat tyd weg van hulle gewone lewens gaan spandeer om gebroke bande te herstel. Die akteur Rami Vhuene en die lewensafrigter Romeo Mabasa, is die aanbieders. Thakhuli sê SANParke gaan ook die diversiteit van sy parke in die reeks ten toon stel: