Turkye verklaar 3-maande se ramptoestand na aardbewing

Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, het ‘n drie-maande ramptoestand afgekondig in tien suidoostelike provinsies wat getref is deur Maandag se kragtige aardbewings wat duisende lewens geëis het. Twee skuddings het hele dele van groot stede in Turkye sowel as die oorloggeteisterde Sirië verwoes. Die streek huisves ook miljoene mense wat uit die burgeroorlog in Sirië en ander konflikgebiede gevlug het. Meer as 5 000 mense is dood en duisende beseer, terwyl pogings steeds aan die gang is om mense te red wat onder puin vasgekeer is.