Turkye: Ergste aardbewing sedert 1939, meer as 1 600 dood 

‘n Tweede aardbewing van 7,5 op die Richterskaal het kort na die 7,8 aardbewing in die suidooste van Turkye voorgekom. Skade is ook in Sirië aangemeld. Ten minste 1 014 mense is in Turkye dood met net minder as 600 wat in Sirië bevestig is. Na die eerste aardbewing het na drie-uur plaaslike tyd vanoggend, is skuddings Groenland ervaar en is bevestig deur geologiese opnames. Die Turkse President Recep Erdogan sê dit is die ergste aardbewing sedert 1939.