Spesiale eenheid teen kabeldiefstal in Tshwane

Die Stad Tshwane sê die Tshwane Metropolisie se kabeldiefstaleenheid werk onverpoosd om die vlaag van kabeldiefstal regoor die stad hok te slaan. Die eenheid het gedurende ʼn onlangse patrollie in die omgewing van Bronkhorstspruit gemerk een eiendom huisves ʼn skrootmetaalhandelaar. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, sê by nadere ondersoek van die perseel het hulle op koper afgekom wat van kabels afkomstig was: