Turkse President bevestig graan-ooreenkoms in Swart See

Die Turkse President Tayyip Erdogan, het aangekondig dat die ooreenkoms wat die uitvoer van Oekraïnse graan vanaf hawens in die Swart See toelaat, hernu is. Erdogan het nie besonderhede verskaf oor die termyn van die nuwe ooreenkoms nie. ‘n Oekraïnse amptenaar het later getwiet dat die ooreenkoms met 120 dae verleng is, terwyl Rusland aangedui het dat hy ten gunste van ‘n 60 dae verlenging is. Die ooreenkoms is aanvanklik in Julie deur die Verenigde Nasies en Turkye met Rusland en Oekraïne bemiddel. Die ooreenkoms is in November vir ‘n verdere 120 dae hernu ondanks ‘n versoek van Rusland destyds dat dit slegs vir 60 dae hernu moet word.