San-oupa skuur skouers met Jane Goodall

‘n Namibiese San-man het die Earthna-beraad in Katar bygewoon om die kultuur van die San na ‘n internasionale gehoor te bring. Hierdie geleentheid, georganiseer deur die Katar-stigting, het minderheidsgroepe verteenwoordig op ‘n globale platform met volhoubaarheid die sleutelfokus. Oupa Topias, ‘n ikoniese lid van die Antieke San-vaardighede Akademie van die Harnas-wildreservaat en gasteplaas is deur mede-stigter van die N/a’an ku sê-stigting Marlice van Vuuren vergesel. Hulle het skouers geskuur met die bekroonde bewaringskundige, Jane Goodall, die wêreld se voorste kenner van sjimpansees.