Tunisiese kuswag vind nog liggame ná migrante-boot sink

Die Tunisiese kuswag het nog 15 liggame gevind, wat die dodetal nadat ‘n skip met migrante gesink het, op 25 te staan bring. Die houtboot met sowat 110 migrante aan boord het naby die stad Sfax gesink. Altesaam 76 mense is gered, terwyl die res nog vermis word. Die Verenigde Nasies se organisasie vir migrante het bekend gemaak dat 28 000 migrante in die eerste drie maande van 2023 per boot die Middellandse See oorgesteek en in Europa aangekom het, wat drie keer meer is as in dieselfde tydperk verlede jaar.