Nampol-beampte van Ariamsvlei vermis

Die Namibiese polisie van Ariamsvlei in die Karas-streek soek dringend die publiek se hulp om die 35-jarige Namibiese man Dominikus Swartbooi op te spoor. Swartbooi is ‘n polisiebeampte wat onlangs na die Ariamsvlei-polisiestasie oorgeplaas is en reeds op 4 April vermis geraak het. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga, woordvoerder Nampol gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus…