Tuinroete kry dalk eie ‘Camino’

Die Tuinroete mag dalk sy eie Camino-staproete kry nadat ‘n groep stappers ‘n staptog vanaf Uniondale na Mosselbaai voltooi het. Vernoem na Spanje se wêreldbekende pelgrimstogte, Camino de Santiago en Camino de Compostela, is soortgelyke uitdagings reeds by verskeie plekke in Suid-Afrika ingestel, onder meer tussen Calvinia in die Noord-Kaap en Ceres in die Boland, en die Kaapse-Camino in die Wes-Kaap. Daar word verwag dat die Suid-Kaapse Camino ‘n staptog van 14 dae oor ‘n afstand van 260 kilometer sal wees, maar daar is ook korter keuses beskikbaar.