Tugstappe teen Zuma sal voortgaan al is hy doodstil

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party sal voortgaan met dissiplinêre stappe teen oudpresident Jacob Zuma, selfs al reageer hy nie op die skorsingsbrief nie. Zuma se lidmaatskap is Maandag opgeskort omdat hy die ANC se grondwet oortree en die party in oneer gebring het, deur sy betrokkenheid by die stigting van die uMkhonto we Sizwe Party. Mbalula sê die Nasionale Uitvoerende Komitee is daartoe verbind om organisatoriese dissipline te handhaaf en die ANC se grondwetlike raamwerk te bewaar: