RA se mobiele-toetssasie het baie gehelp

Die Paaie-owerheid het ‘n opdatering gegee oor die padveiligheidsveldtogte wat hulle tydens die feesseisoen aangebied het. Hileni Fillemon, die owerheid se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die sukses wat hulle behaal het, veral met die mobiele voertuig-toetsstasie.