Tucna is ook boos oor regstellende aksie-aanpassings

Die Namibiese vakbondkongres is nes die Namibiese Werkgewersfederasie, NEF, geskok om uit te vind dat veranderinge aan die Wet op Regstellende Aksie van 1998 aangebring is en reeds sonder behoorlike konsultasie met die werkgewers in werking gestel is. Die veranderinge is in verband met die Wet op Diensbillikheid en die drempel wat die aantal werknemers vir relevante werkgewers bepaal. Voorheen was die drempel vir werkgewers 25 werknemers wat verminder is tot tien. Volgens die Staatskoerant is die wet vanaf 22 September 2022 van krag. Die federasie sê hy was nie deel van die konsultasies nie. Mahongora Kavihuha, die sekretaris-generaal van Tucna, sê daar was nie dialoog met belangrike rolspelers nie.