Tucna gee pluimpie aan formele vakbonde in landboubedryf

Formele vakbonde in die landboubedryf het ‘n pluimpie ontvang van die Vakbondkongres van Namibië terwyl kommunale boere deurgeloop het onder kritiek dat trekarbeiders nie reg behandel word nie. Die aanmerkings kom na ‘n werkswinkel in die Zambezi- en twee Kavango-streke. Die sekretaris-generaal van Tucna, Mahongora Kavihuha sê almal behoort dieselfde voordele te geniet.