Tsumeb Cosdef stel eise oor Nsfaf-betalings
Die Namibiese studente finansiële hulpfonds, Nsfaf, is weereens in omstredenheid gehul oor laat betalings. Die studente by Tsumeb Cosdef het besluit om dit ‘n stap verder te neem weens hul eise wat nie ernstig opgeneem word nie. Die studente eis onder meer dat hul volle terugbetalings voltooi moet word. Hulle dreig ook om klasse te boikot totdat ‘n wederkerige verstandhouding bereik word. ‘n Student by Cosdec, Vivian Simon, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.