Tshwane wil toerismesektor heropen

In die buurland sê Tshwane hy is gereed om die toerismesektor te heropen. Die metro het ‘n spesiale geleentheid aangebied om met talle Afrika-identiteite te skakel. Die geleentheid het saamgeval met Afrikamaand-vieringe en burgemeester Randall Williams het beklemtoon dat die stad se toerismesektor geleenthede bied aan ander Afrikalande en die res van die wêreld. Die geleentheid, in samewerking met Tshwane se ekonomiese ontwikkelingsagentskap, het die sektor aan die res van die vasteland vertoon. Williams sê die sektor sal volgens streng Covid-19-protokolle heropen.