Tshwane waarsku teen onwettige grondbesettings

Die Stad Tshwane het ‘n streng waarskuwing gestuur aan mense wat grondbesettings aanmoedig deur onwettige strukture op te rig. Spanne teen grondbesettings het inligting ontvang dat groepe mense grond beset en onwettig strukture bou in Soshanguve Blok MM en in Olievenhoutbosch Uitbreiding 24. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê Tshwane het ‘n beleid van geen verdraagsaamheid teen hierdie onwettige optrede en staan gereed om die strukture af te breek en oortreders te vervolg.