Tshwane val agter in tegnologie – daar’s nie geld nie

Die Stad Tshwane sê hoewel sy huidige finansiële posisie dit moeilik maak om in nuwe tegnologie te belê, is dit belangrik om bewus te wees van hedendaagse tegnologie en produkte wat in die handel beskikbaar is. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapveiligheid, Grandi Theunissen, woon vandeesweek die Afrika Tech-fees in Kaapstad by. Hy sê hy verwelkom die ontmoetings wat hy gehad het oor die bevordering van veiligheid en die verbetering van polisiëring deur middel van tegnologie.