Dis nou of nooit vir Durban Super Giants, Joburg Super Kings

Krieket: Die Durban Super Giants en die Joburg Super Kings sal sake vanaand uitspook op die Wanderers in Johannesburg om ‘n plek in die eindstryd van die SA20. JSK het die tweede kwalifiseerder gehaal toe hulle die Paarl Royals met nege paaltjies verslaan het in gister se elimineerder. Vanaand se wenner sal Saterdag teen Sunrisers Eastern Cape te staan kom nadat die verdedigende kampioen die Super Giants in die eerste kwalifiseerder geklop het. Die eindstryd word op Nuweland in Kaapstad gespeel.