Tshwane se geldsake kry eerste aandag – Brink

Die Stad Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê hy het sy eerste week op kantoor gebruik om aan die uitgestelde aanpassingsbegroting vir die 2022/2023-boekjaar te werk. Die stad het tot volgende Vrydag tyd om ‘n aanpassingsbegroting te aanvaar of loop andersins die gevaar om onder administrasie geplaas te word. Dit sal beteken die munisipaliteit se uitvoerende magte word aan die provinsiale regering oorgedra. Brink sê een van sy hoofprioriteite is om die stad se finansies te stabiliseer: