Rossmund Gholfbaan vanmiddag onder die hamer

Die Rossmund Gholfbaan sal vandag opgeveil word na ‘n hofbeslissing in die guns van die Ontwikkelingsbank van Namibië. Die reserweprys is op 8,46 miljoen Namibiese dollar vasgestel met 10 persent wat by die veiling betaal moet word en die balans, binne 14 dae. Die hofuitspraak is bekom deur ‘n aansoek vir ‘n verstekvonnis in die hoërhof. Die bank sê die geslote korporasie het nie sy leningsverpligtinge nagekom nie. Die bank het die maatskappy 24 maande gegee om sy verpligtinge na te kom. Kommersiële banke het ingevolge die bankwet, net 91 dae van wanbetaling voor litigasie moet begin.