Tshwane onderburgemeester gee reistoelaag terug

ActionSA in Gauteng sê die onderburgemeester van die Stad Tshwane, Nasiphi Moya, het Vrydag vrywillig die reistoelaag, van 10 000 Suid-Afrikaanse rand, met rente, wat die stad in haar rekening betaal het vir ‘n reis wat gekanselleer is, teruggegee. Moya het aangebied om rente op hierdie bedrag te betaal, maar die stad kon dit nie aanvaar nie, toe het sy die rente aan liefdadigheid geskenk. Die provinsiale voorsitter van ActionSA, Funzi Ngobeni, sê ‘n skenking van 6 000 rand is aan King’s Hope, ‘n vroueskuiling in Olievenhoutbosch, gegee.