Tshwane moet nog skuld van R408 miljoen insamel

Die Tshwane-metro sal sy aggressiewe inkomste-invorderingsveldtog in Julie laat herleef. Daar sal ook swaarder boetes uitgereik word vir die peutering aan meters. Die woordvoerder, Selby Bokaba, sê dié strenger benadering volg nadat die ouditeur-generaal die stad van swak finansiële bestuur beskuldig het omdat hy geen inkomste invorder nie. Bokaba het bevestig spanne is in Tshwane uitgestuur om dienste af te sny na 311 eiendomme wat die metro gesamentlik 408 miljoen Suid-Afrikaanse rand skuld.