Tshwane kry uitstel op begroting

Die Stad Tshwane het uitstel gekry vir die indiening van sy aanpassingsbegroting vir die 2022/23-boekjaar nadat hy die sperdatum van 28 Februarie vir goedkeuring misgeloop het. Die begroting bepaal hoeveel meer inwoners sal betaal vir water, elektrisiteit, riool, en afvalverwydering. Die woordvoerder, Selby Bokaba, sê vir die stad om te voldoen aan die sperdatum van 14 April wat deur die provinsiale Tesourie gestel is, moet hulle verseker dat ‘n burgemeester dringend verkies word: