Dit is vandag 38 jaar sedert die Westdene-ramp

Dit is vandag 38 jaar na die Westdene-busramp wat die lewens van 44 skoolkinders geëis het. Die dubbel-dekkerbus het kinders van die Vorentoe-hoërskool vervoer en was in die ongeluk betrokke toe hy oor die brug van die Westdene-dam net buite Johannesburg gery het. Dertig is gered, insluitend die busdrywer met 42 kinders wat in die bus verdrink het en twee wat later in die hospitaal gesterf het. In 2015, was daar ‘n herdenking van die 30ste jaar sedert die ramp. Twee oorlewendes, Renette ‘Sterretjie’ Jacobs, en Elize Venter het met e-nuus gepraat.