Tshwane dank werkers wat onwettig staak, af

Die burgemeester van die Stad Tshwane, Randall Williams, sê hulle het werkers wat sedert verlede Dinsdag by ‘n onwettige en onbeskermende staking betrokke was, in kennis gestel van hul voorneme om die werkers af te dank. Wernemers sper vir ‘n tweede week paaie af en intimideer na bewering mede-werkers by die munisipale kantoor in Centurion. Williams sê briewe met die voorneme om die dienste te beëindig van 19 werknemers by die Mayville-depot wat na bewering by die staking betrokke was, is aan die werkers oorhandig: