Tshwane-burgemeester eis dringende vergadering met Rand Water

Die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, het ‘n dringende vergadering met Rand Water versoek om meer uit te vind oor die huidige watervoorsieningskwessies wat dele van Pretoria teister. ‘n Week gelede het hy met Rand Water se voorsitter en uitvoerende hoof vergader waartydens hulle die voorsieningbeperkings in die hoofstad bespreek het. Williams sê die Stad Tshwane het hom daartoe verbind om waterbesparing aan te moedig en die waterverbruik te verminder.