Malema sê 2024 verkiesing gaan politieke landskap verander

Die EFF-leier, Julius Malema, sê die party is vol vertroue dat die 2024 nasionale en provinsiale regeringsverkiesing ‘n enorme verskuiwing sal meebring in Suid-Afrika se politieke landskap, waarin die toekoms van die land drasties gaan verander. Malema moedig all15:00e mense aan om te verseker hulle is geregistreer om te kan stem, en om deel te wees van die geskiedkundige verandering wat die land sal ondergaan.