Tshwane berei voor vir feestyd

Die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, waarsku padgebruikers om hierdie feestyd die verkeerswette te gehoorsaam. Die Tshwane-metropolisie het sy feestyd-padveiligheidsveldtog van stapel gestuur. Williams sê Tshwane se doelwit bly dieselfde as in vorige jare, om padongelukke, sterftes, beserings en padverkeersoortredings oor die feestyd te verminder. Hy doen ‘n beroep op die polisie om ‘n baie streng benadering te volg: