Trusto Bank reageer skerp op BoN se verklaring

Trustco Bank Namibia sê in ‘n verklaring dat die Bank van Namibië se verklaring oor sy aansoek om likwidasie van Trustco Bank vergeld vir ‘n aansoek wat hy gebring het om sekere voorskrifte van die sentrale bank ter syde te stel. Trustco Bank sê hy sal ook vra dat sekere afdelings van die Bankwese-wet ongrondwetlik verklaar word. Hy sê hy hou vol dat hy nie insolvent is nie en dat al sy kliënte se fondse 100 persent deur kontant gerugsteun is. Kliënte word verder uitgenooi om die bank te kontak sou hulle fondse na ander entiteite wou oordra, terwyl die met lenings aangeraai word om voort te gaan om hul lenings te betaal.