Trusted Travel System uitgestel tot 2022

‘n Namibiese toerismekenner sê die Namibiese gesondheidsministerie het die Trusted Travel System vanaf 1 Desember na 15 Januarie 2022 uitgestel, nadat die toerismesektor aangedui het dit sal ‘n impak op die besoeke van toeriste na Namibië sou gehad het. Na 15 Januarie 2022 sal slegs Covid-sertifikate wat deur die Trusted Travel-platform uitgereik is, aanvaar word. Nrupesh Soni van die Namibia Travel and Tourism Forum verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom die stelsel uitgestel is.