Trustco se kantore tydelik gesluit

Trustco Group Holdings het vandag die tydelike sluiting van sy Namibiese kantore aangekondig as gevolg van die huidige derde vlaag van die Covid-19-pandemie in die land. Die hoof van korporatiewe aangeleenthede, Elmarie Janse van Rensburg, het in ‘n verklaring aan personeel gesê die veiligheid van alle Namibiërs, is van die uiterste belang. Die groep se besturende direkteur en uitvoerende hoof Quinton van Rooyen, verduidelik die situasie aan Kosmos 94.1 Nuus.

Tydens die eerste vlaag van die pandemie het ‘n aantal maatskappye verkies dat hul werknemers van die huis af werk. Kosmos 94.1 Nuus het aan Van Rooyen gevra of die situasie so sleg is dat hulle hul kantore moes sluit in plaas van werkers wat van die huis af werk.